Back to All Events

Toeka Tot Nou Perth

  • Kingsway Theatre Darch 157 Kingsway Darch, Western Australia, 6065 Australia (map)

Die musiek wat ons onthou. Die treffers wat ons vandag sing.

AFRIKAANS IS LEKKER 2027: TOEKA TOT NOU

 Die grootste Afrikaans is Lekker-konserte nóg. Vyf kunstenaars. Een verhoog. ’n Viering van Afrikaans – van toeka tot nou.

 In 2027 skryf Afrikaans is Lekker ’n nuwe hoofstuk met ons grootste en mees ambisieuse konsertreeks tot nog toe.

 Toeka tot Nou bring vyf van Suid-Afrika se geliefde Afrikaanse kunstenaars saam vir ’n vlagskip-produksie wat die musiek, herinneringe en treffers vier waarmee generasies Afrikaanssprekendes grootgeword het – én die musiek wat steeds elke gehoor laat opstaan, saamsing en deel word van die ervaring.

 Op die verhoog: Steve Hofmeyr, Liezel Pieters, Refentse, Ricus Nel en Karlien van Jaarsveld.

 Van die liedjies wat jou terugvat na ’n spesifieke plek en tyd, tot die treffers wat vandag kliphard saamgesing word – Toeka tot Nou is ’n reis deur Afrikaanse musiek en die herinneringe wat daarmee saamleef. Verwag groot stemme, bekende treffers, lekker saamsing-oomblikke en ’n verhoogproduksie wat pas by die grootste Afrikaans is Lekker-konserte nóg.

Dit is meer as net nog ’n konsert. Dit is Afrikaans is Lekker se vlagskip-konsertreeks vir 2027 – ’n aand waar oud en nuut ontmoet, waar generasies saamkuier en waar duisende kilometers van Suid-Afrika af vir ’n paar uur sommer baie nader voel.

KAARTJIES BESKIKBAAR MAANDAG 24 AUGUSTUS

Previous
Previous
20 March

Toeka Tot Nou Brisbane