Afrikaans Is Lekker is terug in Amsterdam!
Ken jy daai gevoel wanneer die eerste note van ’n gunstelinglied speel en die hele saal sommer vanself begin saamsing? Dít is Afrikaans Is Lekker.
Op Saterdag 29 Mei 2027 bring ons vier van Suid-Afrika se geliefde kunstenaars saam op een verhoog by Theater Amsterdam:
Corlea Botha
Kurt Darren
Ruhan du Toit
JD Mars
Verwag ’n aand vol Afrikaanse treffers, groot saamsing-oomblikke en ’n lekker kuier saam met mense wat jou taal praat. Of jy nou al jare in Nederland woon of pas hier aangekom het, kom voel vir ’n aand sommer weer tuis.
Saterdag 29 Mei 2027
Theater Amsterdam
Kaartjieverkope open einde November 2026
Laat weet sommer nou al die vriende wat langs jou moet wees wanneer die hele saal begin sing
Amsterdam, AFRIKAANS gaan weer LEKKER wees!

